Verwelkoming/Opening address
This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial 4.0 International License.
- Articles
- Submited: November 17, 2022
-
Published: November 21, 2022
Abstract
Dit is vir my 'n voorreg om u in my hoedanigheid as voorsitter van die SAUK-Raad en as rektor van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat by hierdie vyfde kongres van die Suider-Afrikaanse Kommunikasievereniging te verwelkom en by die opening daarvan 'n paar gedagtes met u te wissel. "To communicate is the beginning of understanding" en in die tyd waarin ons lewe, moet 'n mens miskien minder mure en meer brûe bou.By die beplanning en organisasie van enige vakbyeenkoms of kongres, is die keuse van 'n tema sekerlik een van die belangrikste besluite wat geneem moet word. Dit is trouens so dat die tema die basis is waarop al die ander aspekte van so 'n kongres gebou word.In gevalle waar waar vakverenigings op 'n jaarlikse basis byeenkom om oor hul vakgebied te besin, is die keuse van 'n tema nog moeiliker. Dit is juis dan wanneer 'n tema soms gekies word bloot omdat dit nie reeds op die aantal voorafgaande jaarkongresse bespreek is nie.Die uiteindelike doelstelling van 'n kongres bly egter steeds om sekere interessante en aktuele probleemareas in die vakgebied te verken en op te helder..
Article Metrics Graph
References
- Human Sciences Research Council (1980) Research problems and priorities for the eighties Pretoria: HSRC Newsletter 123.
- Viljoen, G van N. (1972) Research policy at University. South African Journal of Science, Sept./Oct. 1972.
- https://doi.org/10.1080/02580144.1972.10429522
- Wurtzel, A.H. (1980) Academic research: A view from the industry. Journal of Broadcasting, 24(4), 479-486.
- https://doi.org/10.1080/08838158009364002